Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

aandagkrisis s.nw. | aandagskrisisse | [gewoonlik enkelvoud]Ook aandagskrisis maatskaplike krisis wat gewyt word daaraan dat mense wat heeltyd met apps en slimtoestelle besig is, omdat hulle gedurig op allerlei prikkels reageer, asook te min slaap (dikwels weens te lang blootstelling aan kunsmatige lig, soos die blou lig op die skerms van elektroniese toestelle), nie meer lank kan konsentreer en gehalteaandag aan dinge bestee nie: ’n Aandagkrisis, soortgelyk aan die vetsug- en omgewingskrisis. Ons sien die gevolge oral om ons. Studente fokus net 65 sekondes lank op enige taak, het ’n studie bevind. En kantoorwerkers gemiddeld drie minute, volgens nog ’n studie. Selfs die deursnee- uitvoerende hoof [...]  kry net 28 minute van ononderbroke fokus per dag Dink bietjie aan enigiets wat jy al ooit in jou lewe bereik het en waarop jy trots is [...] Daardie ding waarop jy trots is, het ’n groot klomp gefokusde en volgehoue aandag van jou geverg. En wanneer jou vermoë om te fokus en om aandag te gee verbrokkel, gebeur dit ook met jou vermoë om doelwitte te bereik of om probleme op te los [...] Dit is geen toeval dat demokrasieë wêreldwyd die grootste krisis beleef sedert die jare dertig op dieselfde tyd as wat ons hierdie reuse-aandagkrisis beleef nie (Johann Hari aan Murray La Vita, Netwerk 24, 12 Augustus 2022).SINONIEM(E): konsentrasiekrisisENGELS: attention crisis

Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther