Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

Abdol s.nw. [geen meervoud] (kinderspel)Ook Abdol maak pootjie(s) skoon, Abdol maak potjie skoon soort speletjie: Abdol speel mens met ’n klip of ander voorwerp soos ’n lekke ghoen as jy het, op ’n rympie met wysie, nogal: “Abdol maak pootjie/potjie skoon (x 2), tiengelieng, daa lui die klok (x 2).” En dan van vooraf. Spelers sit in kring met toe oge en op die maat van die rympie word die klip op die grond van die een na die ander aangeskuif. As die eerste ronde van die rympie stop, maak almal oge oop. As die klip voor of naby jou lê, is jy uit en die persoon langs die een wat uit is, begin die volgende ronde. Alles word herhaal tot almal uit is. Laaste een oor, is die wenner. Ons het dit veral op koue of reëndae binnenshuis gespeel (Anastasia de Vries, Facebook, 31 Maart 2020). Luister: Tot nou was sy altyd te moeg geswoeg vir ’n ma se pangakyk om ’n kind op die regte spoor te hou. Vir die speletjies wat haar as kind speel-speel gesond gehou het terwyl sy só die reëls van die lewe kon leer: skaloeloe; drie blikkies; bok, bok, staan styf; kennetjie; Abdol maak pootjies skoon (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 27 Maart 2020).

 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther