Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

Afrikaaps of Afrikaaps s.nw. [geen meervoud] (taalkunde, taalbeweging)Ook AfriKaaps variëteit van Afrikaans wat op die Kaapse Vlakte gepraat word: Volgens die akademikus Quentin Williams van die Universiteit van Wes-Kaapland […] is AfriKaaps ’n taalkundige etiket wat verwys na ’n ontluikende variëteit van Kaaps, wat tipies in die Wes-Kaap gehoor word, en op sosialemediaplatforms breër gebruik word (Crystal Orderson, Vrye Weekblad, 13 September 2019). AfriKaaps is ’n variëteit wat gebruik word deur ’n generasie van Kaaps-sprekers wat ná die 1980’s in Suid-Afrika gebore is. “Dit is ’n etiket wat wys na die transformasie van die klankpatrone, die leksikale variëteit en die grammatikale struktuur van Kaaps, na wat ons vandag beskou as ’n nuwe manier van praat en wees in daardie variëteit. Met ander woorde, om AfriKaaps te praat, is om ’n nuwe spreker van Kaaps te word.” (Quentin Williams, Vrye Weekblad, 13 September 2019). Ek besig Afrikaaps omdat almal rondom my dit begryp en omdat die taal volgens my eintlik meer kleurryk word (Louis Sheldon, Die Burger, 16 Augustus 2019). Eerstens het my trotsheid om Afrikaaps te praat sterker geword en ek het selfs my monoloog vir my oudisie in Afrikaaps geskryf (Tarryn-Leigh Solomons, Die Burger, 19 Junie 2019). Sommige mense noem [Jolyn Phillips se] werk Kaaps of Afrikaaps. […] Wat noem jy jou werk? […] “Dis Afrikaans!” (Die Burger, 16 September 2019).ENGELS: AfriKaaps

 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther