Bygewerk op 13 Mei 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.
Afrofobie s.nw. [geen meervoud, ook met ’n kleinletter] sieklike haat/afkeer van mense/dinge uit Afrika: › Ek is woedend oor die Afrofobie wat versteek word agter xenofobie, ’n woord wat soos ’n grandiose Griekse tragedie klink (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 13 September 2019). › Van die temas was slawerny, vergete tale en vergange gemeenskappe, Afrofobie, en die kompleksiteit van die moderne samelewing in Afrika (Die Burger, 12 Junie 2017). › “Afrofobie” is ’n opgewarmde woord. Toe dit in 1976 “gemunt” is, het H.B. Koplowitz, ’n Amerikaanse skrywer wat die krediet daarvoor opeis, dit omskryf as “ ’n irrasionele vrees van wit mense vir swart mense”. In 2012 en in die mond van mense soos […] ’n uitgeweke Zimbabwiese akademiese aktivis […] word Afrofobie die oortreffende trap van xenofobie en ’n veroordeling van Suid-Afrika se deportasiebeleid (André le Roux, Beeld, 15 Junie 2012).
aanjaagfooi
aanjaagtarief
aanjanter
aanpoer
aanstuurkennisgewing
Aapstad
aaptwak
Aarto
aasvoëlbegrafnis
AAV
abba
abbagemeenskap
abdas
Abdol
AD
adenovirus
AfCFTA
affogato
afhaalkoop
aflaaispoed
aflatoksien
Afrikaaps
Afripop
Afrofobie
Afropop
afskafkultuur
afsnol
afspraaktoepassing
afstandsamelewing
afstandsgesprek
afstandskepping
afval
Agda
agender
agitprop
agluofobie
agritegnologie
agteros
ahimsa
Airbnb
aire
aireste
akhni
akkel 1
akkel 2
akkeltjie
aksentdiskriminasie