Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

Airbnb s.nw. (handelsnaam)
1
[geen meervoud] aanlyn onderneming wat in die bespreking en verhuring van privaat akkommodasie spesialiseer: ’n Platform soos Airbnb het dit vir sowel verhuurders as huiseienaars moontlik gemaak om ’n inkomste te verdien deur regstreeks met gaste te skakel wat na gemaklike verblyf oor die land heen op soek is (Netwerk24, 11 September 2020). Die bekende verblyfplatform Airbnb stel die volgende op sy webblad voor: Maak vooraf seker wat die tariewe is [...] Maak seker om kontakbesonderhede van verhuurders te kry (Weslander, 8 Februarie 2021). Van Airbnb tot Walmart het korporatiewe Amerika sy geldsteun onttrek aan Republikeinse kongreslede wat weier om Biden as president te erken (Egomt Sippel, Rapport, 7 Februarie 2021). Die tien snels groeiende plekke in Suid-Afrika waar huiseienaars slaapplek op Airbnb aanbied, is Kaapstad, Johannesburg, Knysna, Durban, Mosselbaai, Port Elizabeth, Port Shepstone, Pretoria, Robertson en Saldanha (Tuis, Februarie 2017).

2
| airbnb’s | [ook met kleinletter] ’n kamer in iemand se huis of ’n ander privaat verblyfplek wat via Airbnb verhuur word, of gehuur is: Dit is vroeg Januarie. Schalk sit in ’n airbnb in Umhlanga. Bennie is by familie in Durbanville (Netwerk24, 27 Januarie 2021). Die eerste stap wat jy moet neem wanneer jy dit oorweeg om ’n Airbnb te begin, is om navorsing oor jou omgewing te doen (Rooi Rose, 18 Januarie 2018). Airbnb’s kry weer gaste, maar nie noodwendig in SA (Netwerk24, 16 Julie 2020 – opskrif).ENGELS: Airbnb | airbnb

samestellings:
Airbnb-gas
Airbnb-verblyf
Airbnb-verhuring


 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther