Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

akkel1 s.nw. | akkels | akkeltjie | (Kaaps-Maleis) draai of stukkie wat in ’n lied, voordrag of vertelling bygelas word: En toe kom hy ... Papier in die een hand, ’n arm uitgestrek oor die hordes leerlinge voor hom. Die presiese woorde van sy gedig is vergete, maar sy boodskap was helder: Ons is vir meer bestem as wat ons dink ... Kompleet met akkeltjies en bestakels by, ryg hy die stereotipes uit. Die gehoor rol van die lag   (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 18 Junie 2021). Klopse vermaak met kleur en akkeltjies (Son, 18 Januarie 2015). Afrikaans is ’n evolving ding veral op die Kaapse Vlaktes [...] Elke area het sy eie akkel wat hy opmaak dis amper soos ’n popsong, wie ever se een wat die coolste klink, daai’s die een wat opblaas. En ek dink daai’s so cool van die taal, daai’s wat [Suid-]Afrikaanse musiek rêrig cool kan maak as die mense net hulleself is (Ready D, Brasse Vannie Kaap, Die Burger, 28 Julie 2000). Hy wys jou waarvandaan hy kom, gaan sit agter die klavier en sing “Lord Help Me Jesus” met die akkeltjies waarvoor [hulle] so lief is (Die Burger, 30 September 2000).

 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther