Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

akkel2 s.nw. | akkels | akkeltjie | (Kaaps)
akkeltjies maak Ook akkels maak vrypostig of aanstellerig wees: Horie, ek was lief vir akkeltjies maak. Ná die diens sou ek by die preekstoel gaan staan en dieselfde doen wat die pastoor vroeër gedoen het. Dan sou ek weer by die keyboard gaan sit en maak asof ek dit kan speel (Dean Smith, Kuier, 10 Oktober 2019). Met net ’n klein bakkie wat met vier rekbande vasgemaak is om die skaamheid te verberg, let die leeu op dat hy nou ’n Chippendale geword het – een van daai gespierde ouens wat op die verhoog voor ’n klomp jillende Evas sy akkeltjies maak! (JulianJansen, Rapport, 17 Mei 2020). Dis moeilik om te glo dié tiener wat effens skaam voorkom, is dieselfde atleet wat breëbors en vol selfvertroue akkeltjies uitvoer voor elke wedstryd (Chrislynn Sias, Kuier, 9 November 2018).SINONIEM(E): jou (lyf) grootmeneer houENGELS: be forward | be full of airs and graces

akkeltjies trap draaie gooi, die/’n riel dans: Gerugte het die ronde begin doen dat plaasboere werkers met drank uitlok om akkeltjies te trap vir die vermaak van hulle families en hulle gaste (Marike Bekker, LitNet, 2 Desember 2014).


 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther