Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

afskaal ww. skaal af | het afgeskaal | op kleiner skaal bring, doen of voortsit; aan iets minder energie, krag, tyd, geld of dergelike bestee, of iets verminder, soms met die gedagte van geleidelik op te hou, iets mettertyd te staak of dit te stop: Aan die einde van Maart sê Rusland hy gaan sy militêre aktiwiteit afskaal, maar skuif toe net sy soldate vanuit Kijif, Tsjernihif, Charkif en Soemi na die oostelike Donbas-gebiede (Marguerite le Roux, Netwerk24, 25 Augustus 2022). Miskien is dit presies die regte tyd om na ’n kleiner, goedkoper voertuig af te skaal, of na ’n kleiner woning ten einde op die hoër diensgeld en belasting, elektrisiteit, water en instandhouding van groter huise te bespaar (Finweek, 12 November 2015). Die ou model se enjinkeuses van 1,5- en 1,8-liter is nou afgeskaal na slegs ’n 1,5-liter, maar jy het wel nou twee afwerkingsvlakke om van te kies (Marnus Hattingh, Netwerk24, 28 Julie 2022). ◌ TEENOOR: opskaalENGELS: downscale

afleiding(s):
afskaling: [Die maatskappy] het sy oorhoofse koste reeds met 50% verlaag en wil nog meer spaar. Uit sy vier geboue in Johannesburg kan hy die werknemers wat die afskaling oorleef, waarskynlik in twee geboue inpas (Finweek, 2 Junie 2016).


KYK OOK: opskaal


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther