Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

chick lit s.nw. [versamelnaam] (uit Engels) (populêre fiksie)Ook chic lit moderne fiksie met driedimensionele karakters en ’n eerstepersoonsverteller wat dikwels met humor ’n intieme blik bied op die lewe, romantiese uitdagings en herkenbare probleme van moderne vroue van verskillende ouderdomme, meestal teen ’n stedelike agtergrond: Volgens Elize Parker word chick lit gekenmerk deur die anti-heldin. Die hoofkarakter is glad nie perfek nie. Sy kan byvoorbeeld ’n bietjie lomp wees, soos in die geval van Bridget Jones’s Diary (Carolyn Meads, Books Live, 14 Oktober 2011). Chick lit is fantasie en van nature “over the top”; góéie chick lit word terselfdertyd onderlê deur egte deernis en menslikheid en oortuigende karakterisering (J.B. Roux, Die Burger, 1 Julie 2019).SINONIEM(E): romantiese komedieENGELS: chick lit | chick literature
KYK OOK: liefdesroman, romanse

samestellings:
chick lit-skrywer
chick lit-roman: Erskine is ook die skrywer van Donatello en Volksie, destyds beskryf as die eerste chick lit-roman in Afrikaans wat deur ’n man geskryf is (Die Burger, 7 Desember 2017).


 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther