Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

dagga s.nw. [gewoonlik enkelvoud] die plant Cannabis sativa: Een van die vele dinge wat dagga reggekry het, is om die taal op die paal te sit. Dit staan onder meer bekend as dwaalbos, boom, aaptwak, giggelgras, papegaaislaai, omkykskyf, elektriese spinasie, rondkyktwak en zol. ’n Mens kry ook nie net een soort nie – daar is klipdagga, perdedagga, makdagga, malkopdagga, rooipootjie, perdedagga, rookdagga, stranddagga, knopdagga, velddagga en koppiesdagga. Selfs die naam van ’n Afrikaanse dame is al ingespan om die kruid te benoem: die groenoognooi Marie-Johanna van der Schijff. (Marie-Johanna is afgelei van “marijuana” en Van der Schijff van “skyf”.) (Theunis Engelbrecht / Heinz Mödler, Rapport, 12 Januarie 2020 ).SINONIEM(E): aaptwak | bhang | boom | duiwelasem | dwaalbos | ganja | ghonnaghoet | ghwa | ghwaai | giggelgras | gras | groenvoer | haasgras | hoendervoet | (Zoeloe) insangu | kannabis | (tronktaal) magalies | Marie-Johanna van der Schijff | omkyktwak | papegaaislaai | pot | rooibaardENGELS: cannabis | dagga | marijuana
samestellings:
daggakafee: Deesdae skiet daggakafees met ellelange lyste produkte vir die fynproewer oral in Johannesburg op (Jessica Pitchford, Vrye Weekblad, 10 Mei 2019).


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther