Bygewerk op 2 Oktober 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

dala ww. | het gedala | (lekties)
1
doen: Ons kan nie wag vir die regering om in te spring nie. Om weer ’n Kaapse uitdrukking te gebruik: Ons moet self dala. Dit beteken ons moet self inspring en doen wat gedoen moet word (Bettina Wyngaard, DF Malherbe-gedenklesing, LitNet, 22 Mei 2018). “Boss wiet mos daai Frans is missing in action, maar ek gaan een ding met hom dala as hy sy voete hie sit my Larney,” sê Gevaarlik (Murphy Roberts, Verlore ster, WeskusNuus, 12 November 2019).
dala wat jy moet doen die regte ding: Ek wil vir kinders en mense wys dat jy die meeste van die tyd dinge vir jouself moet doen omdat niemand dit vir jou gaan doen nie. Met Dala (doen) Wat Jy Moet wil ek sê: Neem jou toekoms in jou eie hande (Irshaad Ally, Huisgenoot, 14 Junie 2018 ).

2
tyd deurbring (met iets); vertoef: Die waarheid groei nie in net my of jou gedagtes ie, it groei daa waa ôs saam dala oppie mirrelgrond (Jeremy Veary, N.P. van Wyk Louw-gedenklesing, 2020).

3
baklei, veg: Hy dala nou soos ’n wille dier, hy kan nie nou deur ’n skelm moegoe wit bene gemaak word nie (Abraham Phillips, Die hart van ’n ma, 2013). ’n Outjie wat sê hy is ’n 28, vertel: “Ons kannie ons broers laat piemp nie. Toe up ons en dala die ding sommer daar waar die kamp van holland is!” (Son, 15 Februarie 2018).





 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther