Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

DeFi akr. [verkorting van: gedesentraliseerde finansiering, gedesentraliseerde finansies] nuwe, eksperimentele vorms van finansiële protokolle wat onafhanklik van tussengangers op blokkettings gebaseer word: Benewens dat dit ’n plek is waar kripto’s verhandel word, het Binance ook sy eie blokketting, die Binance Smart Chain (BSC). Die BSC bied soortgelyke funksies aan Ethereum, Solana en Cardano deurdat dit ’n ekosisteem van gedesentraliseerde finansiële produkte (DeFi) en dienste wil ontwikkel, deur hierdie finansiële transaksies met behulp van slimkontrakte te fasiliteer (Netwerk24, 24 September 2021). Net soos wat kripto’s die belofte inhou dat dit beheer oor geldeenhede van die enkeles na die massa verskuif, net so neem De-Fi beheer oor finansiële produkte weg van tussengangers soos banke, beurse, makelaars, geldskieters en selfs dobbelhuise, en plaas dit in die hande van ’n openlike en openbare blokketting-netwerk. Kopers, verkopers, uitleners en leners kan gevolglik regstreeks met mekaar sake doen via neutrale sagteware-toepassings wat elke transaksie fasiliteer (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 11 Junie 2021). In praktyk het DeFi ’n generiese term geword wat verwys na enige toepassing wat blokketting-tegnologie of kripto’s gebruik om ’n alternatiewe soort finansiële produk te skep (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 11 Junie 2021). DeFi is ’n onderafdeling van die kriptogeldeenheidbedryf, wat tradisionele finansiële instellings uitdaag, insluitend banke, versekeringsmaatskappye en aandelemakelaars, waar entrepreneurs semi-outomatiese handels- en kredietstelsels bo-op blokkettingnetwerke bou (Netwerk24, 24 September 2021).ENGELS: decentralised finance | DeFi
samestellings:
DeFi-proses: Die ideaal is dat daar geen gesentraliseerde beheer oor ’n DeFi-proses is nie; dit werk outonoom via die blokketting deur die gebruik van sogenaamde slimkontrakte – stukkies kode wat inskop sodra aan sekere voorwaardes voldoen is (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 11 Junie 2021).

KYK OOK: slimkontrak


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther