Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

digitalisering s.nw. [geen meervoud]
1
omskakeling van optiese karakters en beeldlêers (gedigitiseerde/geskandeerde dokumente en foto’s in jpeg-, tiff-, pdf-formaat, en so meer) na gewone, deursoekbare, manipuleerbare teks.

2
bemoontliking, verbetering en/of transformering van bedryfsaktiwiteite, -funksies, -prosesse, en so meer, deur digitale tegnologieë (beter) te benut en gedigitaliseerde data te omskep tot bruikbare kennis met spesifieke voordele; digitale transformasie.: Digitalisering het omvangryke en drasties verbeterde nuwe maniere meegebring om inligting vas te lê en oor te dra, sonder die verlies aan gehalte wat met analoogstelsels die geval was (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 30 November 2019).ENGELS: digitalisation, digitalization
KYK OOK: digitaliseer, digitiseer


 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther