Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

draakvrug s.nw. | draakvrugte | draakvruggie | (botanie, kookkuns) vrug van verskeie kaktussoorte (genus Hylocereus), inheems in Suid- en Sentraal-Amerika, met ’n leeragtige, blaarskubbige perspienk skil en soet wit (soms pienkerige) vleis vol swart pitjies: Wanneer dit by vrugte kom, probeer verskillende vrugte wat dalk ’n bietjie meer eksoties is as net appels en piesangs – gee vla-appels, Oosterse pere en pitaja (draakvrug) ’n kans (Lila Bruk, Netwerk24, 13 Mei 2015). Van sy klante is megaboerderye, soos die Al3 Boerdery in Limpopo wat vanjaar sy eerste kommersiële draakvrugte op varsproduktemarkte in Suid-Afrika gelewer het (Jasper Raats, Landbouweekblad, 25 Februarie 2019). Draakvrugte is vir ’n lang tyd met ’n sentrale paal en ’n sirkelvormige of vierkantige raam aan die bokant opgelei sodat die blare oor die raam drapeer [… D]eesdae word die plante in ’n plantlyn opgelei wat basies soos ’n kraalmuur lyk. Daar is regop paaltjies met drade of latte aan weerskante, waardeur die sentrale stam groei voordat die blare dan oor die draad of latte hang (Jasper Raats, Landbouweekblad, 25 Februarie 2019).SINONIEM(E): pitajaENGELS: dragon fruit | pitahaya
samestellings:
draakvrugblom: Draakvrugblomme het kruisbestuiwing nodig (Jasper Raats, Landbouweekblad, 25 Februarie 2019). | draakvrugmark | draakvrugkwekery | draakvrugplant

 PRENTE  



 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther