Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

e-afval s.nw. [versamelnaam] uitgediende, waardelose elektroniese toestelle en bykomstighede wat deur gebruikers weggegooi word: Niemand weet presies hoeveel e-afval die elektroniese bedryf genereer nie. In 2019 is gereken 53,6 miljoen metrieke ton e-afval lê op hope, pleks daarvan dat onderdele daarvan herwin word (Elise Tempelhoff, Netwerk24, 21 September 2021). E-afval is enigiets wat met ’n kragbron werk, soos ’n radio, televisie, rekenaarskerm of kabels [...] Dit is baie belangrik om seker te maak jy gooi dié toestelle nie net bloot in die asblik nie. Elektroniese afval bevat skadelike materiale soos onder meer lood, suur en kwik wat tot binne-in die grondwater kan lek as dit aan die elemente blootgestel word (Charlea Sieberhagen-Grey, Huisgenoot, 30 Januarie 2020).ENGELS: e-waste | electronic waste

 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther