Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

elektronies b.nw. | elektroniese | [geen meervoud]
elektroniese neus Ook e-neus
1
elektroniese instrument wat basiese reuke van mekaar kan onderskei, en wat oor ’n patroonherkenningstelsel beskik wat dit in staat stel om van eenvoudige tot komplekse geure te ontleed.

2
(medies) apparaat wat die lug ontleed wat ’n pasiënt uitasem en op grond daarvan bepaalde siektes kan identifiseer: Die elektroniese neus kan binne ’n minuut aan jou asem ruik of jy COVID-19 het.ENGELS: electronic nose | e-nose

elektroniese afval Ook e-afval uitgediende, waardelose elektroniese toestelle en wat deur gebruikers weggegooi word: Daar is verskeie afleweringspunte in Suid-Afrika waar jy van jou stukkende elektroniese toestelle ontslae kan raak. Dit is baie belangrik om seker te maak jy gooi dié toestelle nie net bloot in die asblik nie. Elektroniese afval bevat skadelike materiale soos onder meer lood, suur en kwik wat tot binne-in die grondwater kan lek as dit aan die elemente blootgestel word (Charlea Sieberhagen-Grey, Huisgenoot, 30 Januarie 2020).

elektroniese sport e-sport


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther