Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

ekomoord s.nw. | ekomoorde | [gewoonlik enkelvoud] ernstige wandaad teenoor die natuur: Ekomoord is nie opgeteken in die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal(HAT) nie en word ook nie gereeld in die omgangstaal gebruik nie. Of dié woord ooit ’n vastrapplek in die volksmond sal kry, sal net die tyd leer [...] Dink maar hoe die uitwissing van woude in die Amasone en die Demokratiese Republiek van die Kongo, asook oopgroefsteenkoolmyne en die verbranding van fossielbrandstowwe tot die klimaatkrisis bydra (Elise Tempelhoff, Netwerk24, 29 Junie 2021). Ná die VSA se gebruik van Agent Orange in die Viëtnamese Oorlog om woude te vernietig en só die Viëtnamese hul natuurlike dekmantel te ontneem, ontstaan daar ’n veldtog om vergrype teen die natuur ook as internasionale misdaad te erken. Die VN erken in 1977 die term “ecocide­” (Grieks oikos­ “huis” + caedere). “Omgewings-” of “ekomoord” in Afrikaans (Fred Pheiffer, 24 Januarie 2020).SINONIEM(E): omgewingsmoordENGELS: ecocide

 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther