Bygewerk op 2 Oktober 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

fong kong- woorddeel [meer korrek: fongkong-] [predikatiewe vorm: fong kong, fongkong] (sleng, veral gesê van produkte uit China) nagemaak en daarom goedkoop; (ver)vals: “Ek het [die tekkies] hier gekoop; hulle is Adidas. Waarskynlik fong kong (vals) Adidas, maar ek gee nie om nie. My vriende dink hulle is eg, so ...” (Darren Taylor, Vrye Weekblad, 16 Augustus 2019). Sigarette word van ander lande na Suid-Afrika gesmokkel of plaaslik vervaardig deur onwettige handelaars wat nie die voorgeskrewe bestanddele gebruik nie. Dit word dan verpak in pakkies wat soos die oorspronklike verpakking lyk en goedkoper verkoop. Dié sigarette staan bekend as Fong Kong, het Millson gesê (Mandy Rossouw, Beeld, 19 Oktober 2004). Die sigarette is fong kong. ’n fong kong-eredoktorsgraad (Paul Issele, Beeld, 5 September 2013).ENGELS: fong kong
oorsprong:
Van die etiket Gemaak in Hongkong of Gemaak in China.


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther