Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

geskryfde s.nw. | geskryfdes | (letterkunde)
1
die geskryfdeOok gebiografeerde persoon wat die onderwerp van ’n biografie is: Dit is verstaanbaar dat ’n biograaf op dun ys skaats wanneer die geskryfde en die meeste van haar intieme vriende nog lewe (Daniel Hugo, Netwerk24, 17 Mei 2020).ENGELS: biographee

2
die geskryfde werklike persoon wat in ’n literêre teks herkenbaar is: Ek wil spesifiek praat oor die netelige posisie waarin ’n besondere soort leser, die sogenaamde geskryfde, hom bevind, en sy reg om appèl aan te teken teen die “vonnis” wat die literêre teks oor hom uitspreek. Hierdie “geskryfde” (’n term wat deur Phil du Plessis [1993] gemunt is), is ’n persoon wat homself “herkenbaar terugvind” in ’n literêre teks. Ek praat nie nou van iemand wat homself as tipe herken nie; dit gaan hier oor iemand wat met vers en kapittel (en dokument) kan bewys dat hy/sy die skrywer se “model” is (Riana Scheepers, Lesing vir ALV-kongres, LitNet, 1994).


 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther