Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

gevaar s.nw. | gevare |
UITDRUKKING(S):
die … Gevaar (veral histories, skertsend) enigiets wat (’n konserwatiewe) gemeenskap as (volks)vreemd en/of as strydig met (aanvaarde) beginsels beleef of beskou (het), en as gevolg daarvan as (moontlik) gevaarlik: In die apartheidsjare was ons ’n groot skaapkraal. Oom PW was die skaapwagter wat ons veilig gehou het teen die Rooi Gevaar, die Swart Gevaar, die Roomse Gevaar, die Joodse Geldmag-gevaar, en enige gevaar wat volksvreemd was (Jan Horn, Vrye Weekblad, 1 November 2019). Eers was dit die Rooi Gevaar, toe die Swart Gevaar en nou die Pienk Gevaar! Wat gaan mense volgende onder die klip uitkrap om hul angs mee te voer? (Die Burger, 25 Oktober 2006).


 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther