Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

giya s.nw. | giyas | (Zoeloe) Zoeloe-oorlogsdans: Elke nou en dan sal ’n impi (Zoeloe vir kryger) van die kringetjie wegbreek en ’n giya (oorlogsdans) uitvoer wat sy persoonlikheid weerspieël (Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). Wanneer hulle gereed is vir hul mondigwording as amaBungu (jong krygers), moet hulle ’n giya voor die hele gemeenskap uitvoer. Die giya is ’n soort skaduboksgeveg teen ’n denkbeeldige teenstander (of jou alter ego) met die izoliHauw (skild) en isiquili (stokke) as jou wapens, en die uboko (vegstok) vir beskerming. Maar die geveg is ook ’n bevestiging van die jong kryger se status as ’n manlike lid van die gemeenskap. Tydens die giya sal die gemeenskap dié status uitdaag deur hom te tart en hom sy soms neerhalende byname toe te snou.
(Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019).
Hoe onvleiend sommige van die Zoeloe-byname ook al was, is dit as erename beskou en dis dié name wat die gemeenskap tydens ’n seun se giya uitroep (Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019).
KYK OOK: indlamu





 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther