Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

grendeltyd s.nw. | grendeltye | [ook met hoofletter]Ook grendeltydperk | grendeltydperke | tyd van inperking of (self)kwarantyn: Tot dusver lyk dit asof die meerderheid Suid-Afrikaners die grendeltydperk (inperking) met vasbeslotenheid en in landsbelang gaan deursien, selfs al vra dit menslike en ekonomiese opofferings van baie (Theuns Eloff, Netwerk24, 30 Maart 2020). Dit is DAG 3 van Die Groot Inperking. Grendeltyd is met ons. Gelukkig het ons verbeelding nog vrye teuels (as ons dit toelaat) en dit is hoekom ek hierdie storie deel met alle mede-ingeperktes (Dawid van Lill, Facebook, 29 Maart 2020). Hou jouself, geliefdes en huismaats dop vir die simptome van angs en depressie wat moontlik kan voorkom in die grendeltyd (Kelly Minnie, Rapport, 29 Maart 2020). Jéan Restaurant, en nog 112 siele op Klein Roosboom is nou agter slot en grendel. Hierdie inperktyd of grendeltyd in ons tuiskluise sal beslis verdieping op vele vlakke bring (Karin de Villiers, Facebook, 27 Maart 2020).SINONIEM(E): hokslaantydENGELS: lockdown | lock-down time
samestellings:
grendeltydbaba | grendeltydresep

KYK OOK: inperking


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther