Bygewerk op 13 Mei 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.
gin-en-tonic s.nw. | gin-en-tonics | (uit Engels) glas wat ’n mengsel van gin en tonic met ys, ’n gewilde drankie, bevat: › Sy gaan tap ’n bad water en skink vir haar ’n gin-en-tonic (Ronel Mostert, Huisgenoot, 11 Junie 2020). › Op die presiese oomblik toe Joe Pereira se mes deur Lorenzo se nekvel gly, op die presiese oomblik toe Stavros die slagter se hart weer ruk omdat sy bloeddrukpille nie meer bloeddrukpille is nie, skink Niklaas vir hom ’n derde gin-en-tonic (Tom Dryer, Stinkafrikaners, 2000). › Dit maak ’n reuseverskil as jy deur die loop van die aand twee gewone gin-en-tonics drink en dit met twee alkoholvrye weergawes afwissel (Charlea Sieberhagen-Grey, Huisgenoot, 7 November 2019). ◌ SINONIEM(E): (uit Engels, informeel) G&T ◌ ENGELS: gin and tonic | G&T
samestellings:
gin-en-tonic-drankie
gin-en-tonic-smaak
KYK OOK: gin, tonic
gevaar
gevoetesleep
gewiesit
gewingerd
gewoer-woer
gewolt
gezoei
gezonk
ghaazie
ghai
ghellie
ghoemahare
ghoes
ghoesl
ghonnaghoet
ghries
ghwa
ghwaai
gielaaf
gierplank
gierslaaf
gigu
gin
gin-en-tonic
GIS
giya
glampeer
glansgans
glanskamp
glanskampeer
glanskampering
gloeigroen
goggahotel
gogo
gooi
GOS
goud
goue nulletjie
gouspring=
GPS-skattejag
GPS-speld
Gqeberha
graadeen-parrabeen
graai
grafskrif=
grassnyerouer
grendelnood