Bygewerk op 13 Mei 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.
giya s.nw. | giyas | (Zoeloe) Zoeloe-oorlogsdans: › Elke nou en dan sal ’n impi (Zoeloe vir kryger) van die kringetjie wegbreek en ’n giya (oorlogsdans) uitvoer wat sy persoonlikheid weerspieël (Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). › Wanneer hulle gereed is vir hul mondigwording as amaBungu (jong krygers), moet hulle ’n giya voor die hele gemeenskap uitvoer. Die giya is ’n soort skaduboksgeveg teen ’n denkbeeldige teenstander (of jou alter ego) met die izoliHauw (skild) en isiquili (stokke) as jou wapens, en die uboko (vegstok) vir beskerming. Maar die geveg is ook ’n bevestiging van die jong kryger se status as ’n manlike lid van die gemeenskap. Tydens die giya sal die gemeenskap dié status uitdaag deur hom te tart en hom sy soms neerhalende byname toe te snou.
(Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). › Hoe onvleiend sommige van die Zoeloe-byname ook al was, is dit as erename beskou en dis dié name wat die gemeenskap tydens ’n seun se giya uitroep (Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019).
KYK OOK: indlamu
gewiesit
gewingerd
gewoer-woer
gewolt
gezoei
gezonk
ghaazie
ghai
ghellie
ghoemahare
ghoes
ghoesl
ghonnaghoet
ghries
ghwa
ghwaai
gielaaf
gierplank
gierslaaf
gigu
gin
gin-en-tonic
GIS
giya
glampeer
glansgans
glanskamp
glanskampeer
glanskampering
gloeigroen
goggahotel
gogo
gooi
GOS
goud
goue nulletjie
gouspring=
GPS-skattejag
GPS-speld
Gqeberha
graadeen-parrabeen
graai
grafskrif=
grassnyerouer
grendelnood
grendelstaat
grendeltyd