Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

heemverbinding s.nw. | heemverbindings | [soms verkort tot: heem] (chemie, voedseltegnologie) komplekse verbinding met ’n ysterioon as kern en ’n porfirienmolekule as ligand: Heem is ’n ysterverbinding wat in alle lewende wesens voorkom; maar pleks van dit by koeie oes, het wetenskaplikes die DNS van sojawortels in geneties-aangepaste gis geplaas waar dit fermenteer en soja-heem vervaardig (Huisgenoot, 7 Februarie 2020). Dis pienk, sappig en sis in die pan – presies wat ’n mens van ’n goeie beesvleispattie soek. Maar dié pattie […] bevat geen diereprodukte nie – dis gemaak van soja en aartappelproteïen met ’n skeut heem, ’n spesiale bestanddeel wat moet verseker dit proe eg (Huisgenoot, 7 Februarie 2020).ENGELS: heem | haem

 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther