Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

handelsmerkambassadeur s.nw. | handelsmerkambassadeurs |Ook merkambassadeur bekende/gewilde persoon met ’n positiewe openbare beeld wat deur ’n onderneming of organisasie gekies (en vergoed) word om in die openbaar die instansie se handelsmerk te dra/vertoon, in die sosiale media na spesifieke dienste en/of produkte te verwys, daaroor te praat en/of dit te demonstreer om daardeur die publiek se bewustheid van die handelsmerk te verhoog, verkope te stimuleer, en dies meer: Khloe kry ook ’n klompie geld van haar werk as handelsmerkambassadeur en vir betaalde Instagram-plasings – soos vir dié een vir ’n tee wat jou maag glo plat maak (Rozanne Els, Vrye Weekblad, 5 Maart 2021). Dis nie sommer hierjy-sakke nie – daarvan getuig ook die prys en die feit dat [’n] gewese Mej. Suid-Afrika [...] die handelsmerkambassadeur is (Michèle Meyer, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019).ENGELS: brand ambassador
KYK OOK: sosialemedia-beïnvloeder


 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther