Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

herstelknoppie s.nw. | herstelknoppies | (rekenaar) Knoppie wat gedruk word om vorige opdragte en veranderinge ongedaan te maak sodat alles weer is soos dit oorspronklik was.
(ook figuurlik): Staan elke 20 minute op om jou bene te rek. Jou liggaam vind heelwat baat daarby om kort-kort die spiere te rek. Dink daaraan as ’n herstelknoppie vir jou liggaam waarmee jy die negatiewe uitwerking van die lang sittery teenwerk (Vida Booysen, Netwerk24, 29 November 2015).ENGELS: reset button

UITDRUKKING(S):
die herstelknoppie druk iets ongedaan maak, vernietig of nietig verklaar, of 'n bestaande toestand omkeer met die doel om opnuut/vars te begin: Reg van die begin van die pandemie al verklaar [die president] gereeld dat die herstelknoppie gedruk moet word; dat ons nou 'n ideale geleentheid het om 'n heel nuwe, getransformeerde ekonomie op die as van Covid 19 te bou (Max du Preez, Vrye Weekblad, 16 Junie 2020). Stel ’n doenlys vir môre op of maak ’n foonoproep wat jy uitgestel het. Die verandering van pas sal die herstelknoppie in jou trae, oorlaaide brein druk (Huisgenoot, 31 Oktober 2019).


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther