Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

infografiek s.nw. | infografieke, (versamelnaam) infografika | visuele voorstelling van gegewens in die vorm van ’n grafiek of diagram: As jy weer om ’n lening aansoek doen of ’n kredietfasiliteit gebruik, is dit die moeite werd om te weet of jy goeie of slegte skuld aangaan. Ons infografiek verduidelik die verskil (Sanlam.com, 7 Maart 2019). Media24 se hoof van weeklikse tydskrifte som [Huisgenoot se] suksesresep só op: “Ek dink dis ’n mengsel van ‘o, my liewe hemel, ek het nie dit geweet nie’, van skinderstories tot wenresepte, infografieke vir die kleinspan, en daardie onweerstaanbare brokkies nuus (Huisgenoot, 20 Mei 2016). Gebruik die interaktiewe infografika so: Vind ’n spesifieke skool in die lys en hou jou rekenaarmuis oor die kolletjie. Só sal jy kan sien hoe die skool se wiskunde-prestasie in 2018 se matriek-eindeksamen met dié in 2017 vergelyk (Netwerk24, 13 September 2019).ENGELS: infographic
oorsprong:
Sametrekking van info(rmasie) + grafiek

KYK OOK: infografika


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther