Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

inperking s.nw. | inperkings |
1
handeling of daad van iemand in te perk: Atlete wat verbode middels gebruik tydens die 21 dae van inperking, moet maar bid die tekens van dié middels verdwyn uit hul stelsel voordat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) weer met sy toetse kan voortgaan (Tinus van Staden, Netwerk24, 31 Maart 2020).

2
toestand van (om ’n spesifieke rede) te moet bly in ’n plek wat jy (vir ’n bepaalde tyd) nie mag verlaat nie: Die premier het ’n beroep op die inwoners gedoen om die regulasies tydens die staat van inperking na te kom (Malherbe Nienaber, Netwerk24, 31 Maart 2020). Landbouprodukte wat as gesond geag word, soos knoffel, suurlemoen en gemmer, se pryse het skerp gestyg sedert die meeste van die land se inwoners vanweë die amptelike inperking in afsondering is (Adele Engelbrecht, Landbouweekblad, 31 Maart 2020). Ons is nou in ‘n staat van inperking en moet by die huis bly (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 27 Maart 2020). Die inperking kan langer duur indien die kurwe van nuwe Covid-19-infeksies nie afplat nie (Hugo Pienaar, Vrye Weekblad, 27 Maart 2020).ENGELS: confinement | lockdown

samestellings:
inperkingsmaatreël | inperkingsregulasie | inperkingstyd: Ons is gedurende die inperkingstyd aanlyn tot u diens.

KYK OOK: grendeltyd


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther