Bygewerk op 13 Mei 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.
inperking s.nw. | inperkings |
1 handeling of daad van iemand in te perk: › Atlete wat verbode middels gebruik tydens die 21 dae van inperking, moet maar bid die tekens van dié middels verdwyn uit hul stelsel voordat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) weer met sy toetse kan voortgaan (Tinus van Staden, Netwerk24, 31 Maart 2020).
2 toestand van (om ’n spesifieke rede) te moet bly in ’n plek wat jy (vir ’n bepaalde tyd) nie mag verlaat nie: › Die premier het ’n beroep op die inwoners gedoen om die regulasies tydens die staat van inperking na te kom (Malherbe Nienaber, Netwerk24, 31 Maart 2020). › Landbouprodukte wat as gesond geag word, soos knoffel, suurlemoen en gemmer, se pryse het skerp gestyg sedert die meeste van die land se inwoners vanweë die amptelike inperking in afsondering is (Adele Engelbrecht, Landbouweekblad, 31 Maart 2020). › Ons is nou in ‘n staat van inperking en moet by die huis bly (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 27 Maart 2020). › Die inperking kan langer duur indien die kurwe van nuwe Covid-19-infeksies nie afplat nie (Hugo Pienaar, Vrye Weekblad, 27 Maart 2020). ◌ ENGELS: confinement | lockdown
samestellings:
inperkingsmaatreël
inperkingsregulasie
inperkingstyd: › Ons is gedurende die inperkingstyd aanlyn tot u diens.
KYK OOK: grendeltyd
in vitro-vleis
inblykonsert
indlamu
indringerware
inentingsertifikaat
inentingshuiwering
inentingskaart
inentingspas
inentingspaspoort
inentingspolarisasie
inentingsweifeling
infantiliseer
infeksiekurwe
infeksierisiko
infeksieroete
infeksie-tsoenami
infeksievrees
infodemie
infografiek
infografika
inkommer
inligtingstorting
innie
inperking
inperktyd
inplantaat
insekboerdery
insekhotel
insekmelk
instagrambaar
Instagram-generasie
interleukien
internet
Internet van Dinge
internetberoemde
internetmagnaat
internetreus
internettrol
internetwoede
interseks
interseksueel
intimiteitschoreograaf
intimiteitskoördineerder
intimiteitsvakuum
intubeer
IoT