Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

kanselleerkultuur s.nw. [geen meervoud] kultuur, veral in die sosiale media, waarin dit algemene praktyk geword het om (bekende) persone of organisasies wat politiek of kultureel na bewering iets verkeerd gedoen of gesê het, of wat deur ander, veral gesaghebbende meningsvormers, as ideologies anders beskou word, sosiaal uit te sluit en/of te boikot: Die kanselleerkultuur is mense se manier om openbare figure aanspreeklik te hou vir dit wat hulle sê (Rapport, 13 September 2020). Volgens dictionary.com is die kanselleerkultuur ’n nuwe tendens waarin mense ’n openbare figuur of organisasie/maatskappy ontbloot en hul steun aan daardie persoon of entiteit onttrek omdat hul menings of uitlatings nou of in die verlede rassisties, seksisties, homofobies, transfobies, xenofobies, diskriminerend of beledigend was. Hierdie persoon of organisasie word op sosiale media aangeval totdat hulle om verskoning vra of verdwyn (Rapport, 13 September 2020).SINONIEM(E): afskafkultuur | skrapkultuur | uitsluitkultuurENGELS: cancel culture

 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther