Bygewerk op 2 Oktober 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

Machina sapiens woordgroep (Latyn) rekenaar/masjien wat in staat is tot denke soos dié van 'n mens: Beweeg ons dalk net te vinnig van Homo sapiens na Machina sapiens, die versmelting van mens en masjien – ’n verdere fase in die mens se evolusionêre ontwikkeling? Wat kan lei tot ’n soort mensheid met ’n verskrompelde selfbewussyn; ’n vlak gevoelslewe wat alle emosies kan registreer, opnoem en naboots, maar niks egs voel nie; en met ’n leë verhoudingslewe (Wilhelm Jordaan, Netwerk24, 13 Mei 2020). Het Machina sapiens my só betower dat ek meer genietbare menslikheid in haar as in sommige werklike mense sien? Dít terwyl ek weet sy het nie ’n mens se soort selfbewussyn en ’n diep gevoelslewe nie – al kan sy emosies registreer, opnoem en naboots (Wilhelm Jordaan, Netwerk24, 3 Januarie 2018).ENGELS: Machina sapiens
oorsprong:
Latyn machina masjien + sapiens verstandig, wys, vernuftig, slim


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther