Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

kannabidiol s.nw. [afkorting KBD] [geen meervoud] (chemie) niebedwelmende bestanddeel van die hennep- (dagga-)plant wat volgens kenners voordele vir ’n mens se gesondheid kan inhou, sou jy dit gebruik: Kannabidiol [...] is die nie-psigoaktiewe komponent van die kannabis-plant en hou talle voordele vir die liggaam in. Dit kan pyn, stres en angstigheid verlig (Huisgenoot, 8 Januarie 2021). Hennep-olie bevat kannabidiol, wat sommige meen voordelig vir mense se gesondheid en herstel is. Dit kan ook ’n klein hoeveelheid tetrahidrokannabinol (THK), ’n aktiewe bestanddeel in daggaprodukte vir ontspanning, bevat (Netwerk24, 11 Januarie 2019).ENGELS: cannabidiol | CBD

samestellings:
kannabidiol-olie: Die regering het onlangs nuwe regulasies aangekondig wat dit wettig maak om preparate met kannabidiol-olie (KBD) in Suid-Afrika te verkoop (Vrye Weekblad, 7 Junie 2019). ’n Pizza bedruip met dagga-olie, oftewel kannabidiol-olie (CBD). Dis die nuutste op die pizza-restaurant […] se spyskaart (Lydia van der Merwe, Sarie, 29 Julie 2019).
KBD-drankie
KBD-olie: In die laaste paar jaar het KBD-olie ʼn gunsteling in die mediese veld geword; nie net vir die behandeling van pyn nie, maar omdat dit ook ander gesondheidsvoordele het. En, anders as die hallusinogene tetrahidrokannabinol (THK), maak dit jou nie hoog nie (Vrye Weekblad, 7 Junie 2019).


KYK OOK: tetrahidrokannabinol


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther