Bygewerk op 2 Oktober 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

opslaanwinkel s.nw. | opslaanwinkels | opslaanwinkeltjie |
1
winkel waarvan die samestellende dele betreklik maklik inmekaargevoeg en uitmekaargehaal kan word ten einde die geheel betreklik maklik van een plek na ’n ander te kan verskuif: ’n Man was ’n minibustaxi naby ’n opslaanwinkel in die Elias Motsoaledi- informele nedersetting in Soweto (Fotobyskrif, Netwerk24, 1 Oktober 2020).ENGELS: prefab shop | prefabricated shop | pop-up shop

2
winkel wat eensklaps verskyn, opgerig of geopen word, met die bygedagte dat dit slegs tydelik in die betrokke lokaal of op die betrokke perseel gaan sake doen: Kaapstad is die enigste stad op die vasteland [...] waar aanhangers van die Amerikaanse rapper Kanye West dié naweek artikels met sy handelsmerk in opslaanwinkels (pop-up shops) kan koop. Presies waar die winkels gaan wees, is nog nie bekend nie en aanhangers sal slegs 24 uur voor die opening van elkeen op die kletsrymer se webtuiste kan sien waar dit is (Romantha Botha, Netwerk24, 18 Augustus 2016). Ek stap deur en ontmoet een van die mede-eienaars van die gebou [...] in die deel wat as ’n opslaanwinkel bedryf word. Hier word die mooiste handwerk uitgestal, van gerestoureerde meubels tot keramiek en kuns (Karla Janse van Vuuren, Netwerk24, 24 Augustus 2019).SINONIEM(E): opskietwinkelENGELS: pop-up shop


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther