Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

realiteit s.nw. | realiteite | [gewoonlik enkelvoud]
toegevoegde realiteit [afkorting: TR]Ook aangevulde realiteit, uitgeboude realiteit, toegevoegde werklikheid, aangevulde werklikheid, uitgeboude werklikheid Direkte of indirekte beeld van die werklikheid waaraan 'n rekenaar intyds elemente toevoeg: [Die] keldermeester […] gaan van nou af saam met jou aan tafel “sit” wanneer jy een van die wyne geniet en jou meer van die wyn vertel. Toegevoegde realiteit word gebruik om dit moontlik te maak en danksy die app kan jy hoor én sien hoe [hy] meer van die wyn vertel – kompleet asof hy by jou huis is (Suzaan Potgieter, Die Burger, 15 Mei 2019). Mense wend hulle tot die internet om inligting te kry. Toegevoegde realiteit is ’n manier om die bronne van inligting in te trek na die wêreld om jou (Herman Engelbrecht, Die Burger, 3 Maart 2011). Met toegevoegde werklikheid kan jy ’n gedrukte advertensie verander in ’n interaktiewe ervaring (Die Burger, 11 Julie 2013).ENGELS: augmented reality | AR


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther