Bygewerk op 13 Mei 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

pienk (figuurlik, informeel)
s.nw.
1
skakering tussen wit en rooi.

2
kleur geassosieer met die LGBTQIA-gemeenskap.

b.nw. [attr. en pred.]
1
met ’n skakering tussen wit en rooi.

2
van of wat verband hou met mense wat tot die LGBTQIA-gemeenskap behoort: Dit is gay-wêreld dié en dié voorstad se pienk geld hou baie restaurante en besighede aan die gang. Selfs die gay pride word jaarliks hier aangebied en dan word die pienk note in al wat ’n restaurant en kuierplek ingedruk (Yolanda Barnard, Centurion Rekord, 16 Mei 2015). “Soos daardie keer toe drie ‘straights’ kom moles maak het. Toe kry hulle te doen met pienk vuiste en die plathand van ’n lesbiër,” gie-gie hy (Yolanda Barnard, Centurion Rekord, 16 Mei 2015).ENGELS: pink
pienk ekonomie ondernemings en dienste vir, van of ondersteun deur gay persone.

KYK OOK: LGBTQIA

UITDRUKKING(S):
pienk en plesierig goed en vrolik: Man, alles is dooddollies en pienk en plesierig. Wyn word by die liters gedrink, daar is selfs ’n troue in ’n kerk waar ons inloer en ons swem in die groot blou waters (Herman Lategan, Vrye Weekblad, 4 September 2020). Die nuwe [drankie] tref die oog op die rak, want dit lyk so pienk en plesierig en dit proe so goed soos dit lyk (Huisgenoot, 23 November 2018).SINONIEM(E): voor die wind | klopdisselboom


 Nuut: ’n Paar van Januarie tot April se nuwe opnames (rubriek) | Altemit + miskie = almiskie (rubriek)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther