Bygewerk op 13 Mei 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

pienkvoet s.nw. | pienkvoete | (informeel) baba: Geskenkmandjies wat ’n maatskappy gewoonlik in kantoorverband aan ’n gewaardeerde kollega stuur wat ná ’n lang siekte weer op die been is. Of aan een wat pas ná ’n uitmergelende besoek aan die kraamsaal, tuis is met ’n pasgebore pienkvoet (Netwerk24, 26 Junie 2021). Die klompie pienkvoete wat tydens my meer as dekade lange mediaslaap bygekom het in hierdie mooi mense se lewe, sal ’n klein speelgrond kan volmaak (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 7 Julie 2021).

 Nuut: ’n Paar van Januarie tot April se nuwe opnames (rubriek) | Altemit + miskie = almiskie (rubriek)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther