Bygewerk op 13 Mei 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.
piñata [uitspraak: pien(g)-ja-ta] s.nw. | piñatas | (Mexikaans, Spaans) versierde houer van klei, papier of lap wat met lekkergoed en/of speelgoed gevul word en tydens ’n seremonie of viering stukkend geslaan word om die inhoud uit te kry: › Jy kan die Paaseiersoektog afsluit deur jou kinders ’n piñata vol sjokolade te laat breek. Die piñata is ook ideaal vir kleiner kinders wat dalk nog nie verstaan hoe om eiers te soek nie, maar ook in die pret wil deel. (Huisgenoot, 26 Maart 2016). › Hou [kinders] besig met watergevulde piñatas. Met dié speletjie blinddoek jy die kinders en laat hulle toe om die piñata met ’n voorwerp by te kom tot dit stukkend is en die water of lekkers uitval (Sarie, 13 Julie 2015). ◌ ENGELS: piñata
oorsprong:
Spaans piñata pot, uit Italiaans pignatta, moontlik van pigna dennebol.
pediatries
pepino
peppa
perioperatief
pers
persoon
pesketariër
pesketarisme
pestemal
phishing
phola
pieksel
piemp
pieng
pienggereg
pienk
pienke
pienkoog
pienkvoet
piepie
pikosatelliet
PIMS
PIMS-TS
piñata
piñatakoek
Pinyinsisteem
pirocumulonimbus
pirocumulus
pirokonveksie
pis
pissie
pitaja
pizzapastei
PK
PKR
plafon
plantgebaseer
plastiekeiland
plastieksop
platinum
plekspeld
pliebaadjie
pliggie
plofwoord
plustens
podsending
poefsakkie