Bygewerk op 2 Oktober 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

riooljoernalistiek s.nw. [geen meervoud] (neerhalend)Ook geel pers bedenklike joernalistiek gekenmerk deur skindernuus, ongegronde aansprake en halwe waarhede: S. het die “haas om te publiseer voor die aanhoor en publikasie van ’n volledige reaksie” met die “riooljoernalistiek van die Nasionale Party-apartheidsregering” vergelyk (Willemien Brümmer, Netwerk24, 20 Desember 2018). Ons hoop die berig dien as ’n vermaning aan alle mediapraktisyns oor die belangrikheid van die insameling van feite van alle relevante bronne as sleutelbeginsel. Dit sal alle media-instellings help om riooljoernalistiek te help vermy. (Gert Coetzee, Volksblad, 6 Februarie 2018).SINONIEM(E): die geelpers | die geel persENGELS: gutter journalism | yellow journalism | the yellow press

 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther