Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

robynsjokolade s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (voedseltegnologie, kookkuns)Ook robyn sjokolade. soort sjokolade met ’n pienk kleur en bessiesmaak wat nie van toegevoegde kleur- of geurmiddels kom nie, maar van die gebruikte kakaobone self: Robynsjokolade is nie pienk gekleur nie, dis die produk van ’n nuwe manier van sjokolade maak (Alet Wichmann, Rapport, 9 Februarie 2020). Robynsjokolade is pienk van kleur, maar daar is geen kleurstowwe bygevoeg nie. Dit het ook ’n effense suur bessiesmaak, maar daar is geen geurmiddels bygevoeg nie (Alet Wichmann, Rapport, 9 Februarie 2020). Dié robynsjokolade word van die robyn kakaoboon gemaak, vandaar die kleur. Die bone kom voor in Ecuador, Brasilië en die Ivoorkus (Cornelita Nell, Sarie, 6 September 2017).ENGELS: ruby chocolate

 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther