Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

Rooimier s.nw. | Rooimiere | [gewoonlik meervoud] (informeel) kontrakwerker in ’n rooi oorpak, deur ’n veiligheid-en-uitsettingsdiens gestuur om woonstrukture van grondbesetters te help verwyder: Hy was baie beslis oor die geweld wat sou uitbreek indien die Rooimiere weer die shacks afbreek (Karl Kemp, Vrye Weekblad, 21 Junie 2019). Twee mense is […] dood en drie ander beseer toe die Rooimiere onwettige grondbesetters in uitvoering van ʼn hofbevel probeer verwyder het (Tania Heyns, Maroela Media, 10 April 2019).
oorsprong:
Engels Red Ant Security and Eviction Services.


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther