Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

rekenaardenke s.nw. [versamelnaam] die oplossing van probleme, ontwerp en ontwikkeling van stelsels, en die begryp van menslike gedrag deur vanuit ’n persoonlike perspektief konsepte en metodes uit die informatika aan te wend: Die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke is ’n nuwe entiteit by die Universiteit Stellenbosch, gevestig om ​’n onkonvensionele, trans-fakulteit-benadering tot onderrig en leer in Datawetenskap en​ Rekenaardenke te fasiliteer (Universiteit van Stellenbosch, 2019).SINONIEM(E): berekeningsdenkeENGELS: computational thinking

By rekenaardenke word drie dimensies onderskei:

♦ die omgaan met konsepte wat in informatika gebruik word, byvoorbeeld algoritmes, gebeurtenisse, voorwaardelikhede, parallellisasie, die ontleding van data, ...

♦ ’n werkwyse tipies van werk met digitale tegnologie, byvoorbeeld iteratief werk (= gekenmerk deur herhaling); toets en regmaak; toets en verbeter; hergebruik; aanpas; heraanwend; ...

♦ die persoonlike perspektief van die onwerper van digitale tegnologie; sy/haar verhouding met ander en met die tegnologiese wêreld; kritiese denke; nadenke; ’n oog vir nuwe moontlikhede; en so meer.



 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther