Bygewerk op 2 Maart 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 449
magwinya s.nw. [soms verkort tot gwinya] [enkelvoud en meervoud] (Tswana, kookkuns) ◌ Ook (Zoeloe) amagwinya ◌ vetkoek, gemaak deur stukkies deeg in olie of vet te braai: › In ’n poging om die gebruik van avokado in straatkos te bevorder het bemarkingsmaatskappye [...] ’n veldtog begin waardeur hulle avokado as vulsel in die gewilde Afrikavetkoek, die magwinya, onder verbruikers beproef het (Landbouweekblad, 26 November 2018). › Op pad na die werk stop ek soms by die een ouma om magwinya (vetkoekies) te koop (Karien Brits, LitNet, 25 Maart 2020). › Ek het geleer by watter stalletjie ek die varsste magwinjas (vetkoeke) kan koop, in watter agterstraat sit ’n winkel waar jy van ysterpotte tot haarjel kan koop, en alles tussenin (Wilna Adriaanse, Vrye Weekblad, 2 September 2022). › In KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap [is] die gewildste wegneemkos [...] amagwinya, letterlik “wat die mond laat water”. ’n Gwinya is ’n ronde deegkoek so groot soos ’n appel (Finweek, 14 Januarie 2014). ◌ SINONIEM(E): vetkoek ◌ ENGELS: magwinya | amagwinya | vetkoek
maaf
maagkrul
macchiato
Machina sapiens
madeleine
Madiba
madrassa
mafianiseer
mafianisering
mafiastaat
mag
magalies
Magas
magies
maglev
magneethengel
magneethengelaar
magneetsweeftrein
magneettrein
magneetvangs
magneetvisser
magneties
magrieb
magwinya
majapies
makisih
makoekoe
makoti
makou
makroplastiek
makrosanksie
makula
makwera
makwerekwere
malboet
malediktologie
malvapoeding
mamok
mamokker
mamunne
mandie
mangrot
mani
maningal
mani-pedi
manlikheid
mannegrot