Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

sumak s.nw. | sumake | (botanie)
1
Ook sumakboom | sumakbome |, sumakstruik | sumakstruike | kleinerige boom of struik (genus Rhus) wat steenvrugte dra.

2
(a)Ook sumakvrug | sumakvrugte | vrug van ’n sumakboom of -struik. (b) (kookkuns) vleis van sumakvrugte, gedroog en fyngemaal tot ’n poeier wat as spesery gebruik word om aan geregte ’n vars, suurderige smaak te gee: Slyp jou mes en kap so fyn as jy kan: soetrissie, ui, knoffel, tamatie, pietersielie en vars ment. Roer daarby in: sout en peper, suurlemoensap, droë rissiepitte, sumak en granaatstroop (Frederik de Jager, Vrye Weekblad, 3 Januarie 2020). Sumak is ’n suur spesery wat dikwels gebruik word in Midde-Oosterse kookkuns – as jy nie sumak kan kry nie, vervang dit met ’n teelepel suurlemoensap (Rapport, 8 Junie 2014).SINONIEM(E): suurkruid (c) (veral histories) sap van sumakvrugte, soos by lakwerk gebruik.ENGELS: sumac | sumak


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther