Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

Streisandeffek s.nw. [geen meervoud, ook met kleinletter] die verskynsel dat pogings om enige vorm van nuus/inligting/ens. privaat te hou of dit van die internet te verwyder, die teenoorgestelde uitwerking het deurdat sulke pogings sodanige (sensitiewe) nuus/inligting dan juis onder die media/publiek se aandag bring: Samsung het nie op ’n versoek om kommentaar gereageer oor waarom iFixit die storie moes verwyder nie, maar die vermoede bestaan hy wil negatiewe publisiteit tot ’n minimum beperk. Die gevolg is natuurlik dat die kwessie nou nog meer negatiewe publisiteit kry, ’n verskynsel bekend as die Streisand-effek (Petrus Malherbe, Netwerk24, 26 April 2019).ENGELS: Streisand effect
oorsprong:
Genoem na die Amerikaanse sangeres-aktrise Barbra Streisand, wie se poging in 2003 om foto’s van haar huis in Malibu verban te kry, die onbedoelde gevolg gehad het om meer publisiteit daarvoor te genereer.


 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther