Bygewerk op 2 Maart 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 449
perd s.nw. | perde |
Wat het die perdeby met perde te doen?
Antwoord: Niks.
Die perd was vermoedelik die grootste dier wat die Europese mense tuis geken het – die grote, nie die ponie nie. Toe het hulle groot goed met die naam perd vereer en ons het hulle in Afrikaans daarin nagevolg.
Die Hollanders het selfs van ’n groot (hoë) koors gepraat as ’n “koors soos ’n perd” en van ’n groot leuen as ’n “paardeleugen”.
Al het ons in Suid-Afrika groter goed (kameelperde, olifante, ens.) leer ken, het ons voortgegaan om groot goed perde te noem: perdeby (’n groot by, eintlik wesp), perdekapok (’n groot kapokbos). Ou perd! – die uitroep van bewondering – het moontlik ook iets met grootte te doen.
Johan Spies
Taalgereedskap: Die Burger, 16 Maart 1992 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.
papier
papierblom
papierbrigade
papmasjien
parafilie
pareidolie
parrabeen
parrabeentjie
partjies
partner
partytjie
pasiënt
pasmaat-app
pata-pata
patatvatter
p-boek
PBT
PCS
pedi
pediatries
penniepolonie
pepa
pepino
perd
perigeummaan
perioperatief
permakrisis
pers
persentasiepunt
persoon
persoonlikheid
pesketariër
pesketarisme
pestemal
phishing
phola
picklebal
pieksel
piemp
pieng
pienggereg
pienk
pienke
pienkoog
pienkvoet
piepie
pikkel