Bygewerk op 2 Oktober 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

vatbom s.nw. | vatbomme | (tuisgemaakte) bom wat bestaan uit ’n gassilinder wat met springstof gevul is: Nog skrikwekkender as outomatiese geweervuur uit die lug is die sogenaamde vatbomme [...] Willem Els, plofstof-deskundige en navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies, sê dié soort bomme word steeds in die oorlog in Sirië gebruik om verskrikking te saai. ’n Springdoppie en veiligheidslont beheer die ploflading in die silinders.
“Die hoogte van die helikopter bepaal hoe lank die lont moet wees. As hulle redelik laag is, dan moet die lont ook dienooreenkomstig korter wees, wat dit bitter gevaarlik vir die manne in die chopper maak ... Daai lont brand so tussen 99 en 121 sekondes aan ’n meter”
(Erika Gibson, Vrye Weekblad, 5 Maart 2021).
ENGELS: barrel bomb


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther