Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

voetesleep s.nw. [geen meervoud] (figuurlik, informeel)Ook (soms) gevoetesleep traagheid om iets te doen: Nou moet die parlement regtig hulle gat in rat begin kry om die ondersoek […] aan die gang te kry. Die gevoetesleep is waarskynlik die gevolg van vrees dat dit die parlementêre koukus gaan laat skeur (Max du Preez, Vrye Weekblad, 13 Maart 2020). Die landbou sal dit as ’n bedryf moet duidelik maak aan die regering en sy leiers dat die tyd vir voetesleep en ontkennings oor dinge soos plaasmoorde verby is (Landbouweekblad, 16 Augustus 2019). Foute is oor geslagte heen gemaak ten opsigte van grond, insluitend die voetesleep die laaste paar dekades met broodnodige grondhervorming (Dawie Jacobs, Beeld, 11 September 2018). ’n Samelewing waar haatmisdaad […] moontlik is. Dis die prys wat ons betaal vir die gevoetesleep met oneindige ondersoeke na homoseksualiteit, kerkregtelike verknorsings waarin ons toegespin is en ’n gebrek aan die uitvoering van besluite (Laurie Gaum, Netwerk24, 25 Junie 2016).ENGELS: feet-dragging

 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther