Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

Vrydag s.nw. | Vrydae |
Swart Vrydag In Amerika die Vrydag waarop die Kersinkopieseisoen tradisioneel begin, ná Dankseggingsdag, wat tradisioneel op die laaste Donderdag van November gevier word; vandag in talle lande, ook in Suid-Afrika, die Vrydag waarop groot winkels groot uitverkopings hou en op van hulle ware afslag aanbied wat duisende klante lok: Swart Vrydag, Kubermaandag en die komende Kerstyd is verbruikers én diewe se droom (Riana de Lange, Rapport, 1 Desember 2019). Terwyl die verkeer in winkels ’n belangrike aanduider bly, vind baie van die verkope tydens Dankseggingsdag en Swart Vrydag nou aanlyn plaas (Netwerk24, 29 November 2019). Toe die horlosie middernag slaan, het Swart Vrydag met ’n knal by van die land se groot kettingwinkels begin (Beeld, 24 November 2018). Teen 08:30 is R87 miljoen se verkope by die aanlyn winkel aangeteken en daarmee is die totaal al oorskry wat verlede jaar op Swart Vrydag aangeteken (Beeld, 24 November 2018).ENGELS: Black Friday

KYK OOK: Kubermaandag

oorsprong:
Na die wins wat winkeleienaars op dié dag maak sodat hulle daarna nie langer “in die rooi” (in die skuld) is nie, maar “in die swart” (uit die skuld).

samestellings:
Swart Vrydag-koors | Swart Vrydag-inkopies | Swart Vrydag-stormloop | Swart Vrydag-uitverkoping


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther