Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

vuurstorm s.nw. | vuurstorms | (meteorologie) intense, vernietigende vuur, waarin sterk lugstrome uit die omringende omgewing na die vlamme aangetrek word, sodat dit nog hewiger brand: Die brande in Australië is só wild en warm dat dit op plekke hul eie weer skep. Dit staan bekend as pirokonveksie. Omdat die brand soveel hitte, wind en momentum opbou, ontstaan ’n vuurstorm (Elsabé Brits, Netwerk24, 13 Januarie 2020). Die mensdom het selde vantevore nog brande soos dié gesien, maar ons weet dat verterende vure al minstens een keer vantevore tot massauitwissings en die omvorming van lewe op aarde gelei het – toe die asteroïed die aarde getref het wat tot die ondergang van dinosourusse en dodelike vuurstorms wêreldwyd gelei het (Mike Lee, Netwerk24, 8 Januarie 2020). Die geweld van sulke vuurstorms is onbeskryflik en ’n mens kan jou net probeer indink watter vrees en verskrikking die inwoners van die kusdorpe waar dit matelose vernietiging nagelaat het, moes ervaar het (Eikestadnuus, 21 Januarie 2019).
(veral) vernietigende brand wat volg op ’n kern- of brandbomaanval, wat ’n kragtige stygwind opwek wat lug uit die omringende omgewing insuig.(ook figuurlik): Die Europese integrasie kom neer op ’n pasifikasieproses wat in die vuurstorm van twee allesverwoestende wêreldoorloë ’n bittere noodsaaklikheid was (Leopold Scholtz, Netwerk24, 7 Maart 2019).ENGELS: firestorm


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther